GIDEON SE SPEK BEDERFIES
- 2 snye brood
- 5 – 6 repies spek
- 1 teelepel sweet chillie sous
- 4 smal repies kaas
Sny broodkorsies af, rol plat met ‘n roller en smeer dun met sweet chillie sous.
Sny op in 20 mm strokies.
Plaas ‘n repie spek lankuit en plaas die strokie brood bo-op die spek.
Plaas ‘n lang repie kaas bo-op en rol die spek, brood en kaas op.
Doen so met die ander repies ook en steek op ‘n sosatiestokkie.
Plaas dit op foelie in ‘n oondpan en rooster vir 5 minute, draai die rolletjies om en rooster vir nog 5 minute.
Resep en foto: Gideon Louw