GIDEON SE PLAASBOTTER
Kyk ek’t op landbouskool in Std 7 laas botter gemaak en kyk nou’t ek dit na 50 jaar later weer reggekry.
Maar op ‘n primatiewe manier, en issit nie lekker nie?
- 1 liter vars room
- 1 desertlepel gemaalde growwe sout (12.5 ml)
Giet die room in ‘n groterige bak.
Onthou dit raak meer as jy begin klits ek het my elektriese handklitsertjie op medium spoed begin.
Klits omtrent vyf tot tien minute tot die karringmelk begin vorm hou dan nog ‘n rukkie aan.
Die botter sal vorm saam met water.
Gooi dan die water af en druk die ekstra water uit die botter.
Was die botter lekker deur, deur koue water deur dit te werk, gooi af en was nog ‘n slag tot die botter mooi skoon in.
Voeg dan die sout by en meng goed deur.
Druk vas in jou vorms of bakkie en sit in die yskas. Indien jy dit in mooi vorms gestol het, kan jy dit ontvorm en mooi in waspapier toedraai en in die vrieskas bere.
Oeeh dis baaaaaie lekker, ek eet sommer sulke klonte.
Ek gaan dit nog traai saam met ‘n varsgebakte sny brood.
Foto en resep: Gideon Louw
Janetta Schoonbee Smith:
Ek gebruik vars plaasroom. En om die skeiding van die water en botter van mekaar te kry, vries ek die room. En haal dan uit vrieskas om te ontdooi. Dan begin ek dit met elektriese klitser te klits. Ek druk so tussendeur die water uit en klits verder tot skoon botter het. Dan gooi ek weer koue water in en klits weer deur. Was metode om skoon botter te kry. Dan maar weer uitdruk tot net skoon botter oorbly. Dan voeg ek sout by en werk weer deur.