Your Recipe Blog

GIDEON SE LEWER-EN-SPEK PAPIES

GIDEON SE LEWER-EN-SPEK PAPIES

“Ek’t vanaand dié ‘oudurfie’ vir ons aanmekaar geslat. Ek noem dit ‘n lewer-en-spek papie en as mens nie net het nie  – dan is spek eintlik maar die ware Jakob. Ek wônner nogals hoe dit gaan smaak – dis my eerste probeerslag.”

  • 500 g vars lamslewer
  • 1 pakkie repiespek
  • sout en peper na smaak
  • bietjie suurlemoensap, vir besprinkeling terwyl op die kole

Maak die lewer mooi skoon, sny dit op in repe en besprinkel met sout en peper na smaak.
Draai ‘n repie spek rondom elke stukkie lewer.
Braai op skerperige kole tot lekker gaar, maar nie te lank nie – dit kan bitter raak.
Sprinkel ‘n bietjie suurlemoensap oor net voor dit gaar is.

Agterna nota: NB – die lewer-en-spek papies was báááie lekker!

Resep en fotos: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5