GIDEON SE BLESBOK WORSROLLETJIES
- Vulsel:
- 500 g maalvleis van jou keuse, gekook tot gaar saam met ‘n gekerfde ui, ons het blesbok maalvleis gebruik
- 3 eetlepels sweet chillie sous
- ¼ koppie balsamiese asyn
- 1 eetlepel blatjang
- 1 eetlepel “crushed” knoffel
- ½ teelepel chillie vlokkies
- 2 eetlepels suiker
- sout en peper na smaak
- Deeg:
- 230 g Stork margarien
- ½ koppie kookwater
- 2 koppies bruismeel
- bietjie sout
Smelt margarien in kookwater en meng met bruismeel en ‘n klein bietjie sout.
As mengsel te slap is, sit nog bietjie meel by. Plaas in yskas vir ± 1 uur om styf te raak.
Meng die vulsel bestanddele en hou eenkant tot die deeg reg is.
Rol deeg uit, nie te dik nie, want dit rys heelwat in oond.
Sny deeg in blokkies van jou keuse en skep maalvleismengsel op een helfte van die deeg en rol tot punte bymekaar is aan die onderkant.
Pak rolletjies op gespuite stuk foelie op ‘n plat bakplaat en smeer met geklitste eier.
Bak in voorverhitte oond op 180°C vir ± 30 – 35 min tot mooi goudbruin.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw