Your Recipe Blog

GIDEON SE BILTONG 

GIDEON SE BILTONG

Dit is winter en dis jagtyd, maar ek kan nie jag nie, nou maak ek maar my eie biltong.
En as jy dit self maak, smaak dit altyd lekkerder as die wat jy innie winkel koop.
Hier is my weergawe en is djeeeeerlik.
Ek gebruik sommer ‘n ou strykplank wat ‘n metaal grid op het om die biltong aan op te hang.

Ek het by my plaaslike supermark vir my beesvleis gekoop, dit was twee snitte waarvan die meeste topside was. Per een kg vleis het ek gebruik:

  • 10 g bruinsuiker (gebruik meer of minder na smaak)
  • 20 g gemaalde growwe sout
  • Freddie Hirsch se biltong speserye (volgens etiket aanwysings)
  • 1 koppie koljander ingewerk
  • 1 koppie bruinasyn gemeng met 2 koppies Worcestersous (in ‘n spuitbottel)

Sny die vleis in ongeveer 20 tot 25 mm dik plat snye.
In plastiekbak wat groot genoeg is, sprinkel ‘n bietjie van die gemengde speserye en sprinkel ook asynmengsel gevolg deur ‘n laag vleis wat styf teen mekaar gepak is.
Sprinkel dan weer speserye en spuit asynmengsel en gaan so aan tot die vleis op is.

Laat staan die vleis vir 24 uur in ‘n koelkas en draai dit dan om en laat staan vir nog 24 uur.
Ek het van nuwe 1 mm dik draad vir my hakkies gemaak en die vleis daaraan gehak en vir 4 dae onder ‘n groot dakwaaier in my motorhuis laat hang en siedaar.

Nota:
‘n Mens kry nie taai biltong nie, maar stomp messe. As jou mes skerp is, is die biltong lekker.

Resep en foto’s: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page