GIDEON SE AARTAPPELKOEKIES
Vanaand was dit plat hoender oppie kole en ek het ook aartappelkoekies in my skottelskaar gebak en was djeeeeerlik!
- 5 medium klein aartappels, geskil en fyn gedruk
- Voeg daarby:
- ¾ pakkie gesnipperde spek, vooraf effe gebraai
- 1 eetlepel Italiaanse speserye
- 1 teelepel gemaalde swartpeper
- 2 teelepels sout
- 1 teelepel rissievlokkies
- 1 eetlepel knoffelvlokkies
- ¼ koppie fyngekapte spinasie blare
- ¼ koppie fyngekapte sprietuie
- 2 eiers
Meng alles goed en maak balletjies so gholfbalgroote wat platgedruk word en op ‘n plank wat met meel besprinkel is, geplaas word.
Plaas in die vrieskas vir omtrent 90 minute en braai in ‘n ploegskaar skottel of klein pannetjie in bietjie olie tot mooi bruin aan alle kante.
Nog ‘n variasie:
- 4 medium groot aartappels gekook vir 20 min en skille verwyder en gemash
- Braai die volgende saam:
- 1 ui gekerf
- 1 wortel gerasper
- bietjie olie
- ‘n klompie spriet uie gekerf
- Voeg by en braai saam:
- 1 eetlepel sout
- 2 teelepels witpeper
- 2 eetlepels suiker
- 2 eetlepels mayonniase
- 1 eetlepel knoffel flokkies
- Ekstra:
- 1 eier geklits
- 100 g gerasperde kaas
- 3 eetlepels koekmeel
Voeg bogenoemde by smash en meng.
Voeg die geklitste eier by en meng deur. Voeg die kaas en meel by en meng deur.
Ek’t my rooi pannetjie oppie kole opgestaart en ‘n klein bietjie sonneblom olie daarin sterk warm gemaak.
Skep eetlepel grootte skeppies op ‘n slag en plaas in die warm olie en druk effe plat.
Braai alkante tot mooi goudbruin, maar moenie die mengsel te gou omdraai nie
Plaas die koekies wat klaar gebraai het op handoek papier en hou warm.
Dit was ‘n heeerlike bygereg.
Hmmmm djeeerlik bly maar lekker.
Resep en foto’s: Gideon Louw