Your Recipe Blog

GEVULDE SAMPIOENE MET ROEREIER

GEVULDE SAMPIOENE MET ROEREIER

Die hoeveelhede van die bestanddele is na eie keuse.

  • groot bruin sampioene, stingels verwyder
  • botter vir braai
  • olyfolie vir braai
  • 1 blikkie roommielies
  • roereiers soveel soos verlang
  • blikkie aspersies
  • tuisgemaakte kaassous
  • kaasworsies gaar gebak of gebraai
  • vars gekapte kruie na eie keuse
  • sout en peper na smaak

Verhit gelyke hoeveelhede botter en olyfolie oor matige hitte in ‘n pan op die stoof.
Braai die sampioene aan albei kante tot net gaar maar nog ferm.
Verwyder die sampioene uit die pan en plaas dit eenkant op ‘n bord.
Meng die roommielies met die roereiers en skep lepelsvol van die vulsel in elke gebraaide sampioen se holte waar die stingel verwyder is.
Plaas 2 stingels aspersies of soveel na eie keuse op die eiervulsel en skep lepelsvol van die voorafbereide kaassous bo-op die aspersies.
Plaas 1 of 2 van die gaar kaasworsies op die kaassous.
Sprinkel met sout en peper indien verlang.
Rond die gereg af, deur die vars gekapte kruie bo-oor te strooi.
Enjoy!

Resep en foto: Floraine Wasserman Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page