GESTOPTE ONTBEENDE KALKOEN
- 1 1.5 kg ontbeende kalkoen
- Vulsel:
- 1 koppie gekookte rys, laat afkoel
- 1 gekapte ui
- 1 pakkie gekapte sampioene
- 1 pak opgesnyde robot peppers (soetrissies)
- 1 250 g spek blokkies
- 250 g gerasperde kaas
- gemengde kruie na smaak
- 1 teelepel sout
Braai alles saam en laat afkoel.
Stop die kalkoen met die vulsel en werk toe met vleis lyn of garing en bak teen 180°C vir 1½ uur.
Resep en foto: Marius Meyer
Category: