Your Recipe Blog

GESTOPTE CALAMARI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 8 - 10 min. | Servings: 4

GESTOPTE CALAMARI

Hier is my foto van die gestopte calamari ek het net gebraaide “seafood mix”  gebruik om mee gestop.
Regtig heerlik smelt in die mond sag.

  • Vulsel -Pas aan na smaak:
  • 2 wiele fetakaas, gekrummel
  • 125 ml  roomkaas
  • 125 ml gerasperde pecorinokaas
  • 4 pikantrissies, gekap
  • 2 jalapeño-rissies, gekap
  • Opsioneel – seekosmengsel gebraai
  • Calamari:
  • 14 calamaribuise, skoongemaak
  • 1 suurlemoen, in skywe gesny
  • 80 ml botter
  • 3-4 knoffelhuisies, gekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen, met ’n repieskiller geskil
  • 2-3 takkies vars tiemie

Vulsel:
Meng al die bestanddele vir die vulsel en hou eenkant.

Calamari:
Maak seker die calamaribuise is goed skoongemaak.
Skep die vulsel in ’n spuitbuis en spuit die calamaribuise goed vol.  (Kan ook ‘n teelepel gebruik as jy nie ‘n spuitbuis het nie.)
Steek die opening toe met peuselstokkies.
Pak die suurlemoenskywe in die bak van ’n stomer. Plaas die calamaribuise bo-op.
Stoom 8-10 minute tot die calamari gaar is en net van glaserig tot wit verkleur het.
Smelt die botter in ’n groot pan. Voeg die knoffel, suurlemoensap en -skil en tiemie by en verhit tot die mengsel geurig is en die botter effens verbruin het.
Voeg die calamari by en meng dit net vinnig deur die bottermengsel tot goed bedek. ( moenie weer braai nie)
Sit voor saam met lekker groot stukke Franse brood en ekstra wiggies suurlemoen.

FOTO: Ansi Fourie Pypers Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5