GESTOLDE KOMKOMMERSLAAI MET ROOMKAAS
Hierdie gestolde slaai is regtig heerlik, ek sal dit beslis weer maak.
- 2 komkommers, gerasper met skil en gedreineer
- 1 klein ui, gerasper
- 80 g groen jellie
- 200 ml kookwater
- 250 ml roomkaas
- 250 ml mayonnaise
- 2 teelepels suurlemoensap
- 2 teelepels droë dille
- 1 teelepel Dijon mosterd
- sout en peper na smaak
Maak die jellie aan met die kookwater. Voeg al die bestanddele by behalwe die komkommer.
Meng goed. Roer komkommer deur en skep in ‘n gespuite vorm (ek het ‘n silikoon bundt vorm gebruik). Laat stol oornag, dop versigtig uit.
Resep aangepas en foto: Ilze Jacobs