Your Recipe Blog

GESTOLDE INGEMAAKTE BEETSLAAI

GESTOLDE INGEMAAKTE BEETSLAAI

Hierdie is ouma se reseppie en ek deel dit graag met julle.

  • 1 groot bottel ingemaakte gerasperde beet
  • 1 pakkie rooi jellie
  • 1 bakkie gladde maaskaas
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 1 teelepel gelatien opgelos in ‘n ¼ koppie koue water en 10 sekondes in mikrogolf
  • ¼ koppie suurlemoensap

Meng die maaskaas, kondensmelk, gelatien oplossing en suurlemoensap saam.
Spuit ‘n ringbak of stolvorm met Spray and Cook.
Skep die kondensmelkmengsel in die vorm en plaas in die yskas om te stol.
Wanneer goed gestol, meng die beet met die inmaak vloeistof met die jelliepoeier en skep bo-oor witlaag, plaas terug in die yskas en laat stol.
Voor bediening, keer uit op ‘n opdien bord en bedien.

Resep en foto:  Benhet Nieuwenhuis

Arèn Serfontein se resep:

  • Witlaag:
  • 15 ml gelatien
  • 90 ml warm water
  • 200 ml mayonnaise
  • 125 g fyn maaskaas
  • Beetlaag:
  • 425 g blik beet
  • 15 ml gelatien
  • 125 ml warm water
  • 40 ml asyn
  • suiker na smaak

Die metode glo ek is seker maar dieselfde. Onthou net jy moet die beet en die sap verpulp.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page