GEROOSTERDE WELSH RAREBIT TOEBROODJIES
“’n Vinnige middagete… maar ekstra spesiaal met ‘n paar geure van welsh rarebit in ‘n geroosterde toebroodjie. ‘n Spesiale bederf vir ‘n koue wintersdag.”
- 2 dik snye volkoringbrood
- 100 ml gerasperde Cheddarkaas
- 30 ml mayonnaise
- 15 ml suurroom
- 2 dun skywe uie, fyngekap
- 1 teelepel Worcestersous
- sout en peper, na smaak
- 2 snye Cheddarkaas
- olie en botter, vir vlakbraai
Meng gerasperde kaas, mayonnaise, suurroom, ui, Worcestersous, sout en peper.
Plaas op een sny brood.
Plaas twee snye kaas bo-op, asook tweede sny brood.
Braai in ‘n mengsel van olie en botter aan beide kante tot goudbruin.
Resep en foto: Ilze Jacobs