Your Recipe Blog

GEROLDE SUIKERKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 5 - 8 minute | Servings: 60 koekies

GEROLDE SUIKERKOEKIES

  • 4 eiers
  • 1 ½ koppie sagte botter
  • 1 ½ koppie versiersuiker
  • 1 koppie fyn klapper
  • 5 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel vanilla geursel

Meng botter en suiker saam tot glad en romerig. Meng eiers en vanilla geursel in.
Sif die  koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg by die eiermengsel saam met die klapper.
Bedek die deeg met kleefplastiek en sit in yskas vir ten minste 1 uur of oornag.
Verhit die oond tot 200°C. Strooi koekmeel op ‘n gladde kombuis oppervlak.
Rol die deeg uit tot ongeveer 5 mm. Druk vormpies uit met gekose koekiedrukkers.
Plaas koekies so 1.5 cm uitmekaar in ‘n oondpan wat bedek is met bakpapier.
Sit in oond om te bak tot ligbruin, vir ongeveer 5-8 minute.
Laat koekies heeltemal afkoel voor jy begin versier.
(Maak ongeveer 60 koekies)

Resep en fotos:  Chantal Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page