GEPEKELDE PIENK GEMMER
- 500 g gemmer, geskil
- 3 klaar gekookte bete of 2 groot radyse, in skywe gesny
- ½ teepel sout (ek het sommer himilayan sout gebruik)
- 1 koppie rysasyn
- 2 koppies water
- 2 teelepels suiker
Skil die gemmer en sny in baie dun skyfies.
Sout die gemmer skyfies en laat vir 30 min tot 4 ure staan.
Spoel dan ligweg af in skoon water en druk droog.
Plaas die gemmer skyfies en beet of radys skywe in ‘n glas houer (canfruit bottle).
Om die pekel te maak, meng die sout, rysasyn, water en voeg die suiker by.
Maak seker dat die suiker opgelos is en verhit dan tot kookpunt.
Giet die pekel oor die gemmer/beet in die glashouer tot naby vol.
Maak seker dat al die borreltjies uit is.
Bere in die yskas vir ten minste 48 uur.
Hoe langer dit staan, hoe smaakliker is dit.
Dit kan in die yskas vir tot 3 maande gehou word.
Resep en foto: Jan Salti Viljoen