GEMMERKOEKIEPATATS MET PIESANGS
Bron: Wenresepte 1
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Was nogals lekker en nie so soet nie.
- 1 kg patats
- 100 ml sagte bruinsuiker
- 60 ml botter
- 4 piesangs
- 200 g gemmerkoekies
- Voorverhit die oond tot 180°C.
- Kook die patas in soutwater tot sag, dreineer en trek die skille af. Sny die patats in skywe.
- Plaas ‘n bietjie van die suiker en botter op die bodem van ‘n oondvaste bak met ‘n deksel.
- Pak lae soos volg bo-op mekaar tot alles gebruik is en eindig met ‘n dik laag gemmerkoekiekrummels en klontjies botter, patats, piesangs, suiker, botter, krummels
- Sit die deksel op en bak sowat 45 min lank.
Category:

