Your Recipe Blog

GEMENGDE BESSIEKAASKOEK

Recipe by
Cook: 40 minute

GEMENGDE BESSIEKAASKOEK

Keto mixed berry gebakte kaaskoek, want dis lockdown en koud.🍓

  • Kors:
  • 175 ml sonneblom meel
  • 200 ml amandelmeel, of neutmeel van jou keuse
  • 75 ml botter, gesmelt
  • 1 eier
  • 3 eetlepels versoeter van jou keuse, of na smaak
  • 1 teelepel vanilla ekstrak
  • Vulsel:
  • 450 g roomkaas (full cream) by kamertemperatuur
  • 2 eiers
  • 2 teelepels vanilla ekstrak
  • ½ koppie versoeter, of na smaak
  • 80 ml suurroom
  • 1 teelepel suurlemoensap
  • Gemnegde bessie bolaag:
  • 1 koppie gemengde gevriesde bessies
  • 75 ml versoeter, of na smaak
  • 1 eetlepel water

Kook die bestanddele vir die bessie bolaag saam vir 10 minute. Maak fyn met ‘n “stick blender” en laat afkoel.
Meng die kors bestanddele saam en smeer eweredig in ‘n 30 x 20 cm oondbak, uitgevoer met bakpapier en gespuit met “Spray and Cook”.
Klits die roomkaas en eiers (een vir een) saam tot glad. Voeg die res van die bestanddele by klits tot goed gemeng.
Skep die roomkaasmengsel bo-op die kors. Skep die helfte van die bessiemengsel uit in bakkie en skep lepelsvol op die roomkaasmengsel. Neem ‘n mes en “marble” dit deur.
Bak vir 40 minute by 160 ºC totdat die vulsel gestol is, maar nog ‘n effense “wobble” het in die middel.
Laat afkoel vir minstens 2 ure in die yskas.
Bedien met die oorblywende bessiesous.

Nota:
Ek gee al die versoeter/suiker na smaak aan, want almal verskil van mekaar in soetheidsgraad en hoeveelheid.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5