Your Recipe Blog

GEKRUMMELDE STEAK

GEKRUMMELDE STEAK

  • tenderised steak
  • sout en peper, net die helfte as normaalweg omrede daar speserye bygevoeg word
  • 3 koppies koekmeel
  • 3 teelepels Magic Cool Salt
  • 1 teelepel tiemie
  • 2 eiers
  • 1 koppie gedroogde broodkrummels
  • olie vir diepbraai

Sout en peper die steak na smaak.
Plaas 2 koppies koekmeel, Magic Cool sout en tiemie in ‘n ziplock sakkie en meng goed.
Klits die eiers goed en plaas eenkant.
Plaas die oorblywende 1 koppie koekmeel in ‘n aparte bak asook die gedroogde broodkrummels.
Plaas die steak een vir een in die ziplock sakkie en skud goed.

Druk die steak in die geklitste eier net om nat te maak.
Druk die steak dan in die koekmeel in die bak en dan in die broodkrummels.
Plaas die gekrummelde steaks op ‘n skinkbord oop.
Plaas in yskas vir ‘n uur.
Verhit die olie tot goed warm en diepbraai die steak in die olie met die deksel op die pot.
Dit help dat die steak nie te droog bak nie.
Sodra gaar haal uit olie en plaas op afkoelrakkie dat ergste olie kan afdrup.

Resep en foto: Koos van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page