Your Recipe Blog

GEKRUIEDE LAMSBLAD OP DIE KOLE

GEKRUIEDE LAMSBLAD OP DIE KOLE

Ons gaan vanaand die heel gekruide lamsblad oppie kole gaarmaak.

  • 1 heel lamsblad met skenkel en al, gesmeer met olyfolie
  • Besprinkel met die volgende speserye na smaak:
  • rissievlokkies (chillie flakes)
  • gerookte paprika
  • droë pietersielie
  • swartpeper en sout
  • Italiaanse kruie
  • knoffelvlokkies
  • 1 handvol gekapte tiemie en roosmaryn
  • Sous:
  • Jimmysous
  • appelkooskonfyt

Draai die blad toe in foelie en braai stadig op die kole.  Hou op die kole tot amper gaar en haal dan uit die foelie.
Meng ‘n bietjie Jimmysous met fyn appelkooskonfyt. Smeer op die blad en gebraai tot ‘n bietjie krakerig op skerp kole.

Nota:
Julle sal my nie glo, nie die lamsblad was heeerlik na twee ure in foelie oppie kole en nog 40 min se braai.

Foto en resep: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page