GEDROOGTE BEESVETBLOKKIES
WAARSKUWING : HIERDIE IS NIE VIR SISSIES NIE !!!!
- Oorskiet beesvet, so veel as jy het of kan kry
- peri peri poeier, na smaak
- sout, na smaak
- Worcestersous
Neem alle oorskiet beesvetstukke wat jou slagter afsny en sny dit in klein stukkies.
Sprei dit oop en strooi met peri peri poeier en sout na smaak.
Sprinkel ruim met Worcestersous en meng alles goed.
Laat staan oornag in koelkas.
Ryg die stukkies op ‘n dun draadjie en buig soos ‘n ring en draai die draad se punte aanmekaar.
Hang dit op onder ‘n waaier vir 5 dae om te droog en bere in ‘n papiersak in die koelkas.
Nota:
Dit is baie lekker maar beslis nie vir bang outjies nie, want myse ma hettie bang kjinners grootgemaak nie en die pille wat ek drink moet hulle job ook doen.
Hierdie is my eie maaksel, maar djeeeeeerlik.
Resep en foto: Gideon Louw