Your Recipe Blog

GEBOTTELDE FRIKKADELLE

Recipe by
Cook: 3 ure

GEBOTTELDE FRIKKADELLE

Na amper 3 ure se kook in ‘n pot, is die eindresultaat al te lekker. Die raklewe in ‘n koel plek, is ongeveer 2 jaar volgens die internet (ek waarborg dit nie, is self besig om te toets).

  • Frikkadelle:
  • 3.5 kg maalvleis
  • 4 eiers
  • 4 uie, gerasper
  • 4 eetlepels BBQ speserye
  • 200 ml bruinasyn
  • 1 teelepel sout
  • 3 teelepels grof gemaalde swartpeper
  • 2 eetlepels komyn
  • 1 eetlepel paprika
  • broodkrummels om die vleis te bind
  • Bottels:
  • 1 ½ teelepel growwe sout per bottel
  • 1 lourierblaar per bottel
  • paar korrels swartpeperkorrels per bottel
  • ½ steranys per bottel
  • 2 grof gekapte uie (verdeel tussen die bottels)

Voorbereiding van vleis:
Meng die maalvleis, speserye en die broodkrummels en vorm kleinerige bolletjies.
Braai die frikkadelle in diep warm olie tot goudbruin maar nog rou in die middel.

Voorbereiding van bottels:
Berei die bottels voor soos met inlê metodes. Nuwe deksels is noodsaaklik indien jy ou bottels gebruik. Laat deksels lê in kookwater.

Pak van bottels:
Strooi bietjie growwe sout, 1 lourierblaar, heel swartpeperkorrels asook bietjie gekapte rou uie onder in die bottel.
Pak die frikkadelle styf in die bottel sonder dat die frikkadelle breek.
Vee die binnekant van die bottel se rand met skoon asyn af.
Die bottel moet ongeveer 3 cm van bo af nog spasie hê, met ander woorde die vleis mag nie tot teen die deksel gaan nie.
Voeg nog ‘n bietjie uie en growwe sout bo-op die frikkadelle.
Maak die deksel net effens toe (as jy die deksel opsit en dit ‘n draai gee, moet dit net haak aan die bottelgleuwe sodat die stoom kan ontsnap.

Voorbereiding van pot en kook van bottels:
Plaas 2 vadoeke of ‘n handdoek of ‘n rakkie onder in ‘n groot pot. Die bottels moet nie direk op die bodem staan nie weens die hitte van die plaat nie.
Plaas nou die bottels teen mekaar maar moet dit nie indruk nie.
Vul die pot met water tot driekwart vol en laat dit kook. (Hierdie proses moet dopgehou word en die pot moet deurlopend driekwart vol wees. Daar moet glad nie water by die bottels kan inloop nie.
Sodra die water kook, draai die hitte dadelik laag sodat dit net prut. Laat kook vir 2 ure en hou die watervlak dop.
Kook ‘n ketel vol water. Maak elke bottel se deksel oop en voeg water by die frikkadelle tot 3 cm vanaf die deksel. (Die frikkadelle sal effens sak soos wat dit gaar word).
Maak die deksels skoon met asyn om die vleisstukkies te verwyder.
Plaas die deksels weer terug soos voorheen sonder om heeltemal te seël. Die stoom moet steeds kan ontsnap.
Laat die bottels weer kook vir ongeveer ‘n uur.
Haal die bottels versigtig uit die water en draai die deksels stewig toe.
Laat afkoel en bêre op ‘n koel plek.

Variasie:
Tamatie en uiesmoor kan in die plek van water gebruik word.

Resep en foto: Tina de Beer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5