Your Recipe Blog

GEBAKTE SJOKOLADE POEDING IN SJOKOLADESOUS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min.

GEBAKTE SJOKOLADE POEDING IN SJOKOLADESOUS

  • 1 koppie koekmeel
  • 1 ½ eetlepels kakao
  • ¾ koppie melk
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 eier
  • ½ teelepel sout
  • ¾ koppie suiker
  • ¼ koppie gesmelte botter (moenie met kookolie vervang nie, smaak is nie lekker nie)
  • 2 teelepel bakpoeier

Klits die botter en suiker saam tot romerig. Klits die eier goed en voeg geleidelik by die botter en suikermengsel en klits tot lig.
Sif die droë bestanddele saam en voeg dit om die beurt saam met die melk by die bottermengsel in.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak en giet die volgende sous baie versigtig bo-oor.

  • Sous – Kook saam:
  • 1 koppie kookwater
  • 1 koppie suiker
  • 2 eetlepels kakao

Giet die warm sous oor die agterkant van ‘n sop lepel of desertlepel as jy dit oor die beslag gooi. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180 °C vir 30 min.
Nota:
Bo-op het jy so lekker sjokolade spons en onder die spons die lekkerste, taaierige sjokolade toffie sous.

Foto: Daniel Leana Du Preez

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page