Your Recipe Blog

GEBAKTE BEESBORS AAN DIE BEEN

Recipe by
Cook: 4 ure

GEBAKTE BEESBORS AAN DIE BEEN

  • 900 g beesbors aan die been
  • 10 ml sout
  • 5 ml swartpeper
  • 1 groot ui
  • 1 groot aartappel
  • 120 ml water
  • ekstra sout en peper na smaak
  • Braaisous:
  • 120 ml tamatiesous
  • 90 ml bruinsuiker
  • 10 ml rooiwyn asyn
  • 10 ml Worcestersous
  • 1 ml Dijon-mosterd
  • 5 ml geparsde knoffel
  • 2.5 ml rooipeper
  • 2.5 ml paprika

Voorverhit die oond tot 160°C.
Sny die ui in 1 cm dik skywe en pak op die bodem van ‘n oondbak. Geur die uieskywe met sout en peper.
Sny die aartappel in ewe dik skywe en pak bo-op die uie en voeg die water versigtig by.
Geur die vleis met sout en peper en plaas dit bo-op die aartappel- en uieskywe.
Meng al die bestanddele vir die braaisous in ‘n klein bakkie en roer totdat dit gemeng en glad is.
Giet ‘n ⅓de van die sous oor die vleis, draai die vleis met ‘n tang om en skep nog ‘n ⅓de van die sous bo-oor.
Plaas die vleis met die beenkant na onder bo op die aartappels.
Plaas die res van die sous eenkant, om oor die gaar vleis te skep, indien nog sous benodig word.
Bedek die oondbak met foelie en bak die vleis in die oond vir 2½ uur.
Verwyder die foelie en gebruik ‘n groot lepel om van die vloeistof uit te skep sodat die bokant van die vleis blootgestel is. Bedek weer die vleis met die foelie en plaas dit terug in die oond vir nog 1 uur.
Verwyder die foelie en plaas vir nog 30 minute onbedek terug in die oond of totdat die vleis sag en bruin is.
Plaas die beesbors op ‘n opdienbord en skep die aartappel- en uieskywe met `n gaatjies lepel uit die oondbak by die vleis in die opdienbord.
Smeer die braaisous wat eenkant geplaas is, oor die gaar beesbors en sit dit voor saam met die aartappels en uie.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page