GARNALE MET RYS EN SLAAI
- ± 24-30 garnale, skoongemaak en doppe afgehaal
- 3 eetlepels botter/margarien
- 5 ml paprika
- 5 ml rooi peper
- 1-2 groen en rooi rissie, pitte uitgehaal en fyngekap
- 60 ml olyf olie
- 1 groen en rooi peper, elk ontpit en julienne gesny
- 3 knoffel huisies, skoon gemaak en fyn gekap
- sout na smaak
- 2 takkies vars koljander blare
- Vir Bediening:
- 1 koppie jasmyn rys, gaar gekook volgens aanwysings op verpakking.
Plaas botter en olie in die pan of wok en smelt op medium hitte.
Plaas al die ander speserye saam in botter pan en laat dit lekker gesels vir so paar minute sodat die geur kan deurkom.
Gooi nou garnale by en en kook vir so 2 – 3 minute tot garnale verkleur (wit).
Bedien op of langs rys met 4 seisoene slaai.
Met gepekelde uie en wortel voorgesit met balsamic asyn aan die kant of bo-oor garnale en sous op rys en garnale.
Resep geplaas deur Walter Bender
Foto: Walter Bender