Your Recipe Blog

FYN GEKOOKTE GEMSBOKNEK IN DIE STOOMPOT

FYN GEKOOKTE GEMSBOKNEK IN DIE STOOMPOT

Vleis kan ook gebruik word om pasteie mee te maak.
Die vleis kan op dieselfde manier gaargemaak word sonder ‘n stoompot, maar sal langer gekook moet word.

  • 2 kg gemsboknek
  • stukkie spek so groot soos jou hand, hang af hoeveel vleis jy het
  • 5 tot 7 heel naeltjies
  • 1 ½ teelepels heel koljander
  • 1 teelepel knoffel vlokkies
  • 3 middelslag lourier blare
  • sout na smaak
  • peper na smaak
  • 2 medium tot groot uie
  • 2 groot aartappels, jy kan meer vat indien nodig
  • ½ teelepel mosterd saad, opsioneel
  • 2 eetlepels asyn, as jy nie rooiwyn gebruik nie
  • 1 koppie Rooiwyn of semi soet Rosè
  • handjie vol gesnyde wortels, opsioneel – bring net vleis se smaak uit

Ontdooi vleis en was af.
Sny die uie op en sit saam met die knoffel in die stoompot.  Meng die speserye en strooi helfte van speserye oor die uie en knoffel.
Pak vleis en spek bo-op en strooi laaste speserye oor.
Voeg 2 koppies water by en maak die pot toe,  stoom vir 1 uur.
Haal die pot van die stoof af, laat afblaas en kyk, as hy droog is en vleis nog taai is (as vleis nog nie van been afgekook is nie) voeg nog ‘n koppie water in en stoom weer.
Sodra die vleis afval van die bene is die vleis reg.
Haal die bene uit die pot en voeg die wyn, aartappelblokkies en wortels by die vleis.
Stoom weer vir ‘n halfuur of minder tot groente sag is.

Nota:
Let wel, daar is geen olie in nie en niks is gebraai nie.

Resep en foto: Louisa Mans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page