FRIKKIE SE MAKLIKE SJOKOLDEMOUSSE
Hierdie is ‘n wonderlike resep. Seker die lekkerste Sjokolademousse wat ek nog geëet het en dis maklik…
- 1 liter melk
- 2 hoogvol teelepels goeie kakao
- 1 hoogvol teelepel koffiepoeier
- 2 eetlepels botter
- ¾ koppie suiker
- sout
- 85 g Maizena
- 6 eiergele
- 1 teelepel vanilla pasta
- 300 g goeie sjokolade – “Callets” soos Franse, Belgiese of Switserse handelsmerk
- 1½ koppie room
Spoel ‘n kastrol uit en gebruik driekwart van die melk in die nat kastrol en ook driekwart van die suiker, die sout, koffie, kakao en botter. Verhit stadig oor medium hitte tot net onder kookpunt.
Meng intussen die res van die melk en suiker, die vanilla en die eiergele in ‘n groot mengbak.
Temper die melk in die eiermengsel in en giet terug in die kastrol.
Plaas terug op die vuur en roer saggies maar deeglik met ‘n whisk verlaag die hitte.
Roer stadig tot jy ‘n eenvormige dik vla het.
SODRA dit begin kook, roer saggies, en laat kook saggies vir 2 minute.
Haal van die vuur af en sit die sjokolade by en roer deeglik, dog saggies in tot jy ‘n eenvormige vla het.
Giet in glasbak en “surface cover” met kleefplastiek. Laat afkoel en verkoel oornag tot yskoud.
Klits die room styf en vou dit by die vla in.
Bedien soos verkies.
Nota:
Hier het ek “raspberries” met “berry curd” gevul en bo-op die mousse gesit met meringue krummels.
Resep en foto: Frikkie Jones