Your Recipe Blog

FRIKKIE SE KERRIE AARTAPPELSLAAI

Recipe by
| Servings: 15 - 18 porsies

FRIKKIE SE KERRIE AARTAPPELSLAAI

Resep en foto: Frikkie Jones
Kan tot 1 week in die yskas gehou word met sukses.

  • 2 kg aartappels gekook, geskil en gesny (nog sterk lou)
  • 1 koppie sonneblomolie
  • 500 g uie, gekap
  • 2 teelepels knoffel, gekap
  • 1 eetlepel medium kerriepoeier
  • 1 eetlepel flou en pittige (mild and spicy) kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 eetlepel  sout
  • 2 lourierblare
  • 1¼ koppies suiker
  • 1 koppie witasyn
  • 1 koppie mayonnaise
  • handvol vars pietersielie, gekap
  • Berei die aartappels soos aangedui.
  • Kook die sonneblomolie met die gekapte uie op medium hitte vir 10 minute.
  • Voeg die gekapte knoffel by en kook vir een minuut.
  • Voeg die kerriepoeiers, en borrie by en laat kook vir twee minute.
  • Voeg die sout, lourierblare, suiker en witasyn by en laat kook vir drie minute.
  • Haal die pot van die hitte af en roer mayonnaise in.
  • Giet die warm mengsel oor die aartappels en roer deur.
  • Laat staan die slaai tot koud.  Roer af en toe.
  • Laat staan dit verder vir ‘n dag of twee in die yskas om geure te ontwikkel.
  • Verwyder die loerierblare en roer ‘n groot handvol pietersielie, gekap, by.
  • Bedien by kamertemperatuur.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page