Your Recipe Blog

FRIKKIE SE GEBAKTE KARAMEL SJOKOLADE KAASKOEK

FRIKKIE SE GEBAKTE KARAMEL SJOKOLADE KAASKOEK

Resep en foto: Frikkie Jones

  • Kors:
  • 100 g gemmerkoekies
  • 50 g gerolde hawermout
  • 75 g botter, gesmelt
  • Vulsel:
  • 1.25 kg roomkaas by kamertemperatuur
  • 290 ml strooisuiker
  • 10 ml vanilla ekstrak
  • knippie sout
  • 5 groot eiers by kamertemperatuur
  • Vir Sjokolade kaaskoek (opsioneel):
  • 120 ml warm sjokoladepoeier (hot chocolate)
  • 20 ml kakaopoeier
  • Kookwater om bg. aan te maak tot glad. In totaal moet alles nie meer as 150 ml aangemaak wees nie.
  • Bolaag:
  • 1 blik karamel kondensmelk
  • growwe sout vir bo-op
  • Smeer ‘n 23 cm veerklamppan met margarien.
  • Bedek die bodem en kante van die pan met silikon papier.
  • Verwerk die koekies en hawermout in voedselverwerker tot krummels.
  • Meng met die botter en druk vas teen bodem van die pan. Verkoel tot benodig.
  • Klits die eiers, strooisuiker, sout en vanilla tot goed gemeng.
  • Werk die roomkaas tot glad en sag MET DIE HAND.
  • Voeg die eiermengsel by en meng versigtig tot glad MET DIE HAND.
  • Giet twee derdes van die mengsel in die pan oor die kors. Maak gelyk.
  • Meng die sjokolade stroop met die oorblywende derde beslag en giet bo-oor die vanilla mengsel. Maak gelyk.
  • Bak 10 min in ‘n 200°C oond. Verlaag die hitte na 100°C en bak vir nog 90 min.
  • Skakel die oond af en laat in oond afkoel.
  • Verkoel in yskas ten minste 2 dae voor bedien word.
  • Ontvorm die kaaskoek versigtig en roer die karamel Kondensmelk tot glad.
  • Verdun met ‘n leksel melk en smeer oor die koek.
  • Sprinkel ‘n paar korrels growwe sout oor om die baie soet teë te werk.
  • Bedien by kamer temperatuur (met lewensessens agterna):)

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page