Your Recipe Blog

FRANSE ROOSTERBROOD LASAGNE

Cook: ± 15 minute

FRANSE ROOSTERBROOD LASAGNE

Hoeveelhede word bepaal deur aantal persone.

  • snye brood
  • eiers, geklits
  • fyngekapte uie en knoffel
  • 1 blikkie braaismoor (relish)
  • 1 teelepel suiker
  • sout en peper na smaak
  • gesnyde sampioene
  • gesnipperde spek
  • gerasperde Cheddarkaas

Maak gewone franse roosterbrood deur die brood in eier te doop en in ‘n pan te braai tot goudbruin aan beide kante. Braai genoeg brood om twee lae te pak in die grootte bak wat jy gaan gebruik.
Braai fyngekapte uie saam met knoffel in ‘n pan en voeg die blikkie braai “relish”, saam met ‘n bietjie suiker, sout en peper na smaak by. Braai gekapte sampioene en gesnipperde spek tot gaar en hou eenkant.
Pak ‘n laag roosterbrood onder in ‘n oondpan en bedek dit met ‘n laag tamatie- en uiemengsel, sampioene en spek. Herhaal met nog ‘n laag van alles en strooi kaas bo-oor.
Bak in ‘n voorafverhitte oond teen 180 ºC vir 15 minute tot die kaas goudbruin is.

Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page