FRANSE BRAAIBROODJIE MET ‘N KINKEL
- 2 snye brood (van jou keuse) per persoon
- roomkaas
- 2 snye ham of 4 snye salami
- Cheddarkaas of Mozzarellakaas, in skywe (genoeg om snytjie brood te bedek)
- 2 eiers, geklits met sout en peper na smaak
- groenuiespeserye of smaakmiddels van eie keuse
- olie en botter vir braai
Maak toebroodjies met twee-twee snye brood. Smeer altwee die snye se binne kant met die roomkaas. Plaas ham of salami op 1 gesmeerde sny.
Plaas gesnyde kaas bo-op die ham, strooi geurmiddels oor.
Plaas nog ‘n sny ham of salami bo-op die kaas en maak toe met die tweede sny brood met roomkaas na binne, bo-op die vleis.
Doop die toebroodjie aan beide kante in die geklitste eier.
Plaas die broodjie in ‘n verhitte pan met gesmelte botter en olie. Braai tot goudbruin aan die onderkant, draai broodjie versigtig om met ‘n eierspaan, indien nodig plaas nog botter in die pan en braai broodjie aan die anderkant ook tot goudbruin en gaar.
Dien op met skywe tamatie.
Resep en foto’s: Elma Brittz-Venter