FEESTELIKE WITKOEK
- 4 groot eiers
- 375 ml suiker
- 50 ml sonneblomolie
- 250 ml water
- 5 ml vanilla geursel
- 500 ml koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- knippie sout
Klop eiers en suiker tot lig en donsig (10 minute).
Meng olie, water en vanilla saam.
Sif droë bestanddele saam.
Voeg die nat- en droë bestanddele beurtelings by eiermengsel, en meng in.
Klits tot gemeng. Plaas in die voorbereide panne. Sien nota onder aan.
Bak by 200 ºC vir 15 tot 20 minute.
Nota:
Vir sjokoladekoek, vervang ¼ koppie meel met kakao.
Ek het drie 20 cm panne gebruik want ek wou dit vinniger bak (15 minute as daar minder deeg in die pan is), maar dis ook perfek in twee 20 of 23 cm panne – dan bak dit vir 20 minute.
Versiersel:
Baie dankie vir al die raad gister met die karamelroom versiersel. Ek het toe my eie kop gevolg want ek wil nie ‘n toffieversiersel hê nie. Nodeloos om te sê, dit was nie ‘n groot sukses nie. Ek moes my ma gevra het vir die resep toe sy nog gelewe het!
Ek het 2 koppies room saam met 2 koppies bruinsuiker gekook vir 20 minute. Laat afkoel, toe lyk dit amper soos kondensmelk. Toe in die yskas afgekoel en goed geklits, maar dit het nooit heeltemal styf geword nie. Ek dog toe dit sal beter lyk na ‘n nag in die yskas, maar toe nie, dit was nog slapper.
Ek het dit toe maar so gebruik.
Kyk gerus na hierdie resepte.
https://yourrecipeblog.com/recipes/idees-vir-roomkaramelversiersel/
Resep: Carolie de Koster
Foto: Retha Sorum Burger