FEESTELIKE HOENDER
- 8 hoenderporsies, skoongemaak
- Meng saam:
- sout en peper
- 80 – 100 ml koekmeel (hang af hoe groot jou hoenderporsies is)
- 5 ml kerriepoeier
- 2 ml borrie
- Braai saam:
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffel toontjies, opgekap
- Groen soetrissie, opgekap na smaak
- 50 ml olie
- Sous:
- 125 ml blatjang of sweet chilli sous
- 125 ml tamatiesous
- 30 ml Worcestersous
- 150 ml water
- OPSIONEEL: fyn naeltjies, pietersielie en 125 ml sultanas
Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n groot oondbak met kleefwerende middel.
Meng die volgende saam in ‘n plastieksakkie: koekmeel, kerrie, borrie, sout en peper en die opsionele speserye indien verkies.
Plaas die hoenderporsies een, een in die sakkie en skud goed totdat die hoender goed bedek is. Braai in verhitte olie tot bruin. Rangskik in oondbak.
Gooi die res van die meelmengsel in die sakkie oor die hoenderporsies in die bak.
Soteer die uie, knoffel en groen soetrissie in die olie tot sag.
Voeg die res van die sousbestanddele by en meng goed.
Giet die sous oor die hoender, bedek met tinfoelie en bak vir 1 uur of tot sag en gaar.
Verwyder die foelie en bak ‘n verdere 10 min tot lekker bruin.
Bedien met rys en slaai.
Resep en foto: Rina Kleinhans