EXPO KAASKOEK 1960 (DRIEHOEK)
- 125 g sagte botter
- 100 g suiker
- 1 eier
- 250 g roomkaas
- 10 ml vanilla essence
- 1 pak Tennis beskuitjies
- 1 blok donker sjokolade
Room botter en suiker baie goed en voeg dan die eier by.
Voeg roomkaas en vanilla by. Meng goed.
Pak 12 beskuitjies soos in skets op ‘n vel foelie. (foto 2)
Smeer ongeveer ‘n derde van die vulsel op eerste laag beskuitjies.
Pak tweede laag nou daar bo-op en smeer die res van die vulsel bo op.
Pak jou rooi en groen kersies in ‘n ry in die middel soos op die skets beskryf.
Vou nou die die buitenste koekies na mekaar met die foelie om ‘n driehoek te vorm.
Druk die vorm mooi reg en vou toe met foelie en vries.
Om op te dien, sny in skyfies en hou in vrieskas en haal uit soos jy dit nodig kry.
Laat staan vir so 10 min afhangende van hoe warm die dag is en bedien.
Gewoonlik haal ek dit uit en sit dit in die bordjies, teen die tyd dat ek tee bedien, is die driehoek kaaskoek ook gereed om te eet.
Resep en skets geplaas deur Emelia Lans-Brown
Foto’s : Martha Coetzee
Foto 3: Venita Van Wyk
Liza Viljoen
Ek het in 1989 by Eagles Pub & Grill in Potch gewerk en dit was een van ons nageregte op die spyskaart. Ekself het dit gemaak vir die restaurant en dit was regtig een van die lekkerste resepte!