Your Recipe Blog

ERTJIESOP MET EISBEIN

ERTJIESOP MET EISBEIN

  • 1 gerookte eisbein
  • 1 pakkie gedroogde ertjies
  • 2 medium wortels
  • 1 groot ui
  • 2 medium aartappels, in klein blokkies opgesny
  • 2 vleisblokkies
  • 1 groot knippie gedroogde rissie vlokkies, opsioneel
  • suurroom en warm ciabatta, vir opdiening

Kook die eisbein in die stoompot vir so 30-45 min (moet net toe wees onder kookwater, geen sout). Haal die eisbein uit, dik vel sal sommer maklik afval en haal been uit.  Sny vleis in klein stukkies en gooi terug in die pot met dieselfde water waarin dit gekook is.
Spoel die ertjies goed af en gooi by die water saam met die wortels, ui en aartappelblokkies.
Prut totdat die ertjies fyn is en gooi dan eers die vleisblokkies met water opgelos, by.
Ek gooi altyd ‘n lekker groot knippie gedroogde rissie vlokkies by vir so bietjie zing.
Bedien die sop met suurroom en warm ciabatta skywe.

First photo:  Pea soup with jalapeño pork bangers and garlic flat bread on a cool wet evening. Tonight I left the eisbein out and just added fried jalapeño pork bangers before serving.

Resep en tweede foto: Elsabie Templeton

Derde foto:  Vanaand was dit ‘n vinnige ertjiesop met gerookte kaaswors en creme fraiche. Resep is basies dieselfde afgesien van die eisbein. Snytjies gerookte kaaswors word heel laaste by sop gevoeg en dan word dit vir 15 min geprut.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page