Your Recipe Blog

ELSABIE SE OONDGEBAKTE KRAKERIGE HOENDERSTUKKE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minutes | Servings: 16

ELSABIE SE OONDGEBAKTE KRAKERIGE HOENDERSTUKKE

Dis altyd ‘n wenner resep. Ek gebruik die helfte Chilli Bite Mix poeier en die helfte graanvlokkies nadat ek dit in my blender fyner gemaal het. Dit moet nie heeltemal fyn soos broodkrummels wees nie. En baie belangrike wenk, terwyl ek die hoender regkry, maak ek solank die oondpan met die olie in (so 3 mm diep olie) warm by 200°C sodat die hoenderstukke sommer sis wanneer ek hulle in die warm olie sit.

  • 16 stukkies hoender
  • ½ pakkie Chilli Bite Mix
  • 2 koppies graanvlokkies
  • 1 koppie koekmeel
  • 3 geklitste eiers

Nota:
Ek het ‘n halwe pakkie Chilli Bite Mix met so 2 koppies graanvlokkies (gemeet nadat ek dit in blender gemaal het) gemeng en dit was genoeg om 16 stukkie hoender te doen.

Druk hoenderstukke in koekmeel voordat dit in geklitste eiers gedoop word en dan in Chilli Bite en graanvlokkie krummel mengsel gedruk word. Pak op ‘n bord tot al die stukkies gekrummel is.
Pak in die warm olie wat reeds in die oondpan warm gemaak is teen 200 ºC.
Braai 15 min, draai temperatuur af na 180°C vir nog 15 min, draai hoenderstukke om en bak nog 30 min tot goudbruin en krakerig. Dreineer op kombuispapier en bedien.
Dis net so lekker koud, as dit so lank hou.

Foto 2:
Die Kolonel wens hy kon dit so lekker maak! Vandag die hoender stukke in koekmeel en toe ongegeurde jogurt gedruk (ipv geklitste eiers) en toe in die fyn graanvlokkies.
Maak bodem van oondpan net toe met olie en laat dit in oond warm word tot 230°C terwyl jy hoender stukke voorberei.
Rol eers in koekmeel dan in ongegeurde jogurt, laat dit effens afdrup en bedek met die fyn graanvlokkie en chilli bite poeier wat gemeng is. Sit bedekte hoender stukke op ‘n groot bord tot almal klaar bedek is. Haal nou eers die warm oondpan uit en sit stukke in die warm olie. Jy sal sommer hoor die olie is warm sodra jy dit insit.
Bak oop by 225°C vir 30 min, draai stukke om en bak nog 30 min.
Toets of hoender gaar is langs die been. As die vleis nog pienk is laat dit vir nog 10 min bak of tot gaar. Dis heerlik koud ook (as daar iets oorbly).
Dit maak vir ‘n dikker krakerige kors wanneer dit gaar is, amper soos die KFC “double crunch”.

Resep en foto’s: Elsabie Templeton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page