Your Recipe Blog

ELIZE SE SUURROOM KORS VIR PASTEIE

ELIZE SE SUURROOM KORS VIR PASTEIE

Resep en foto:  Elize de Kock

  • 750 ml (3 koppies) wit broodmeel
  • 5 ml (1 teelepel) sout
  • 250 g ongesoute botter
  • 250 ml suurroom
  • Sif die meel en sout 3 keer saam en sny of vryf die botter met jou vingerpunte in tot die botter soos klein ertjies in die meel lyk.
  • Voeg al die suurroom gelyk by die meel en sny dit met ‘n mes in tot goed gemeng.
  • Knie die deeg liggies met een hand tot dit ‘n bol vorm. (Moenie ekstra water byvoeg nie, hou net aan knie tot die deeg hanteerbaar word.)
  • Laat die deeg 30 minute of selfs oornag in die yskas rus.
  • Rol die deeg op ‘n meel bestrooide oppervlak uit en vou in derdes.
  • Draai die deegpakkie sodat die oop kante na jou toe wys.
  • Rol weer uit en vou weer in derdes.
  • Herhaal 1 maal.
  • Laat die deeg weer 30 minute rus. Herhaal die rol-en-vou proses nog 2 keer.
  • Die deeg is reg om te gebruik, maar kan ook 3 dae lank verkoel of tot 3 maande lank gevries word.

Nota:
Ek het net die helfte van die resep van suurroomkors gemaak en dit was genoeg vir 1 tarentaal pastei.

ELIZE SE TARENTAAL PASTEI
Resep en foto: Elize de Kock
Vulsel op die foto:

  • 1 kg nek, lies of bors van wild, haas of tarentaal, in stukke gesny
  • 6 kruie naeltjies
  • 3 lourierblare
  • 1 knoffelhuisie
  • 10 peperkorrels
  • 10 ml (2 teelepels) sout
  • 2.5 ml (½ teelepel) peper)
  • 25 ml (2 eetlepels) asyn
  • 62 ml (¼ koppie) rooi soetwyn, indien verkies
  • 50 g varkspek
  • Vee die vleis met ‘n klam doek af en sny dit in stukke.
  • Plaas die vleis en spek, in repies gesny, in ‘n swaar kastrol en gooi genoeg water oor om dit net te bedek.
  • Voeg die naeltjies en die peperkorrels by en laat 3 – 5 uur lank stadig oor lae hitte of in ‘n stadige oond by 120ºC tot 150ºC, stowe.
  • Voeg die ander kruie, sout en asyn by nadat dit 2 uur lank gestowe het.
  • Haal die naeltjies en die peperkorrels uit en voeg die wyn by ‘n halfuur voor dit klaar gekook het.
  • Die vleis moet maklik van die bene afkom as dit gereed is. Verwyder al die bene en die velletjies en maak die vleis met ‘n vurk fyn.
  • Die sous kan met meelblom verdik word wat met koue water gemeng is, indien verkies.
  • LW: Dit kan ook gebruik word in ‘n pastei.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page