EIERLOSE SJOKOLADEKOEK IN DIE MIKROGOLFOOND
Die koek is regtig lekker. Dit was glad nie droog nie. Die versiering was ook nie te soet nie.
- 1½ koppies koekmeel
- ¾ koppie suiker
- 3 teelepels bakpoeier
- ⅔ koppie kakaopoeier
- ½ koppie kookolie
- 1½ koppie warm water
Sif die droë bestanddele saam en meng dit goed. Maak ‘n effense holte in die middel.
Voeg die kookolie en warm water in die holte. Meng goed tot dit glad en glansend is.
(As die deegmengsel te styf is, voeg nog ‘n koppie warm water by, wat ek wel gedoen het).
Plaas waspapier in ‘n mikrogolf ringpan (ek het ‘n Argilla ringpan gebruik en met Spray and Cook gespuit).
Skep die deegmengsel in die voorbereide pan. Skud die pan om die lugborrels te laat ontsnap. Plaas in die mikrogolfoond vir 3 minute op 100% krag.
Toets of die middel nog rou is, en indien nodig plaas vir nog 2 minute in die mikrogolfoond. Toets met ‘n tandestokkie of koek gaar is. Indien nie, plaas terug in mikrogolfoond (ek het dit nog 5 minute lank gebak) tot tandestokkie skoon uitkom.
Plaas die koek eenkant en laat afkoel vir 30 minute. Keer afgekoelde koek uit op oond-rakkie en laat heeltemal afkoel.
- Versiering:
- 280 g semi-soet sjokolade, in blokkies gebreek (ek het ‘n plak donker sjokolade en ‘n plak bruin sjokolade gebruik)
- 2 houers koue roomkaas
- ½ koppie suiker
Meng tot ‘n gladde mengsel en skraap die kante indien nodig.
Omdat ek ‘n ringkoek gebak het, het ek net die helfte van die bestanddele wat hier aangedui word, vir die versiering gebruik.