Your Recipe Blog

DUITSE AMANDELKOEK

Cook: 45 - 55 minute

DUITSE AMANDELKOEK

  • Beslag:
  • 3 ekstragroot eiers, liggies geklits
  • 250 ml suiker
  • 25 ml versiersuiker
  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 250 ml room
  • Bolaag:
  • 125 ml botter
  • 45 ml amandelvlokkies
  • 250 ml suiker
  • 45 ml melk
  • hand vol pekanneute, opsioneel

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Klits die eiers en suiker in ‘n mengbak tot lig en dik (5 minute).
Sif die droë bestanddele saam en vou die eiermengsel beurtelings met die room by die meelmengsel in tot net gemeng.
Giet die beslag in ‘n voorbereide oondbak van 23 x 23 x 5 cm grootte.
Plaas die bak in die voorverhitte oond en bak vir 20 – 25 minute.
Verhit intussen die bolaag se bestanddele in ‘n potjie op die stoof en laat dit stadig prut vir 8 minute.
Verwyder van die hitte en laat dit effens afkoel.
Giet die bolaag oor die koek wanneer dit 20 – 25 minute gebak het.
Plaas die koek met die bolaag terug in die oond en bak vir ‘n verdere 25 – 30 minute.
Moenie die koek te donker laat bak nie, dit moet strooikleurig wees.

Nota:
Ek het die oorspronklike resep 1 ½ keer aangemaak en in ‘n plat glasbak (24 x 35 x 5 cm) gebak, ook ‘n groot handvol pekanneute by die bolaag gevoeg.

Resep getoets en foto: Marianne Visser

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page