Your Recipe Blog

DUBBEL KAAS, HAM EN AVOKADO ROOSTERBROODJIES

DUBBEL KAAS, HAM EN AVOKADO ROOSTERBROODJIES

Hier is ‘n heerlike roosterbroodjie met Roomkaas, ham, avokado en gouda kaas.. ek noem dit sommer “Rina’s dubble cheese, ham and Avo toastie” Geniet hom dadelik sodat die kaas sommer nog sulke drade trek… yummies

Hoeveelhede hang af van hoeveel toebroodjies jy wil maak:

  • gesnyde brood van jou keuse – 2 snye vir elke broodjie
  • hamskywe van jou keuse – 2 vir elke broodjie
  • ryp avokado
  • gegeurde roomkaas
  • gerasperde Gouda kaas
  • botter

Pak die snytjies brood twee, twee in pare. Smeer die snye brood lekker dik met die roomkaas.
Plaas 2 snytjies ham op die een kant van die toebroodjie, sny die avokado in skywe en plaas bo-op die ham, sit swart peper en bietjie sout oor (onthou die roomkaas is ook sout)
Rasper gouda kaas lekker dik bo-op die avokado en sit die ander snytjie brood bo-op.
Smeer die toebroodjie altwee kante met botter en plaas in die toedruk rooster tot lekker bruin en gesmelt.
Bedien dadelik dat die kaas nog lekker gesmelt is en sulke lang drade trek.
Lekker eet..

Foto en resep: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5