Your Recipe Blog

DUBBEL AARTAPPELGENOT

DUBBEL AARTAPPELGENOT

Ek het ‘n oulike resep by ‘n vorige werkgewer gekry. Met ‘n paar eiers en aartappels maak jy 2 heerlike disse wat jy sommer saam met ‘n slaai eet. Jy moet nogals weet hoe om omelette te maak om die resep aan te pak sal ek sê, maar andersins maklik.

  • 4 groterig of 6 kleiner aartappels
  • Eie hoeveelhede van:
  • gebraaide, gerookte spek
  • kaas
  • Vir omelet:
  • 6 tot 8 eiers
  • 2 uie, gekap

Bak die aartappels in oond tot sag/gaar en sny middeldeur.
Skep aartappel versigtig uit skil. (Moenie baie diep uitskep nie)
Sit dit wat jy uitgeskep het, eenkant.
Sny spek kleiner en skep bietjie in die aartappelskille. Strooi kaas oor en bak paar min tot kaas smelt.

Nota:
Jy kan ham, polony, salami, biltong ens. ook gebruik. En daar het jy ‘loaded potato skins’.

Braai die uie vir 10 minute oor medium hitte. Die ui moet mooi bruin karameliseer. Sout en peper na smaak. In ‘n bakkie klits die eiers. Sny die aartappel wat uitgeskep is, in stukkies en meng dit en die ui liggies saam met die rou eier. Giet mengsel in groterige non-stick pan wat lekker warm en ge-olie is. Ek gebruik sommer selfde pan as wat ek ui in gebraai het vir extra geur. Maak net seker dit is ‘n goeie non-stick een. Draai hitte af en sit deksel op en maak gaar. (maak dalk gaatjies met vurk in eier) Wees versigtig dat dit nie brand nie.

Sit bord bo-op en keer pan om sodat jou omelet op bord uitkeer. Skuif versigtig terug in pan met eierspaan sodat die rou kant nou onder is. Oor lae hitte los so paar minute om gaar te word en daar het jy het ‘n Spaanse omelet. (frittata)
Maak 1 groterige omelet vir 4 mense of 6 kleiner porsies.

Nota:
Druk aartappels in oond wanneer omelet amper gereed is.

Resepte en foto’s: Yolande Potgieter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page