Your Recipe Blog

DROOMPIES MET VARIASIE VULSELS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 18 minute

DROOMPIES MET VARIASIE VULSELS

Kleinkinders noem dit hamburgertjies, grootkinders noem dit buttons. Ek tel nie hoeveel koekies daar is nie, ek bak net en weeg 13 gram per koekie.

  • 3 × 500 sunshine D, original, kamertemperatuur
  • 6 koppies versiersuiker
  • 6 eiergele
  • 9 koppies koekmeel
  • 3 koppies bruismeel
  • 3 koppies Maizena

Klits die margarien, versiersuiker en eiergele in ‘n groot Kenwood tot lig en donsig. (ek het ‘n groot Kenwood major).
Neem die koekmeel, bruismeel en Maizena en meng dit saam.
Voeg die geroomde mengsel by die meelmengsel en maak aan tot stywe deeg.
Maak balletjies van 13 gram elk, plaas op ‘n voorbereide bakplaat en druk ‘n effe klein duim druk in elke koekie.
Bak by 170°C in waaieroond vir ongeveer 18 minute.

Notas:
Ek bak hulle vir 9 min, dan draai ek my panne vir eweredigheid en bak weer 9 min. Hou maar dop; oonde en omgewing verskil. Ek het ‘n groot oond met 3 rakke.
Ek ruil ook my panne van onder tot bo, dit is maar hoe ek vir myself dit uit gewerk het, want dit is ‘n wit koekie en nie donker koekie nie. Ek bak grootmaat.

Vulsel:
Kan enige geur insit vir jou versiersuiker vulsel, vir hierdie het ek suurlemoen gebruik en suurlemoen skil fyn in gerasper. Ek gebruik ook soms lemoen, aarbei, granaat of grenadella geursel.
Maak jou eie versiersuiker mengsel, sorg net dat dit lekker fluffy is.

Resep en foto:  Alta Gunter Van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page