Your Recipe Blog

DRICUS SE “EGG BENEDICT”

DRICUS SE “EGG BENEDICT”

Tradisionele ontbyt het vanaand ligte aandete geword. Hier was nie muffins in die huis nie en was beslis nie lus vir bak nie.

  • Basis:
  • brood van jou keuse, met glas uitgedruk in ronde sirkels en lig gerooster
  • Gypsy ham
  • roomkaas
  • avokado, opsioneel
  • eiers
  • Hollandaise sous

Geposjeerde eier:
Bring water in ¾ vol kastrol tot kookpunt
Breek eier en bring tot naby die wateroppervlak van die kokende water in die kastrol
Gooi die eier versigtig uit die dop in die water. Ek sou nie meer as 3 eiers op een slag posjeer nie
Skep die gestolde eierwitte wat bo-op die water vorm, gereeld af.
Die eier sal tol en die wit sal om die geel set. Wanneer die wit nie meer deurskynend is nie is die eier gereed.
Moenie die eier oorgaar maak nie. Ek verkies goeie loperig geel.
Skep uit met gaatjielepel sodat die water kan dreineer

  • Hollandaise sous:
  • 4 eiers
  • 150 g botter
  • ongeveer 15 – 30 ml suurlemoensap
  • sout en varsgemaalse swart peper na smaak

Skei die eiers en klits die gele tot romerig.
Smelt die botter en maak seker die temperatuur van die gesmelte botter is goed warm.
Giet suurlemoensap na smaak by eiergele, ek kan nie presies sê hoeveel nie, dis ‘n smaakding.
Ek sou sê op die meeste 30 ml.
Terwyl jy die gele en suurlemoensap op hoogste spoed klits, laat die baie warm botter in dun straaltjie baie stadig in die mengsel inloop.
As dit nie baie tydsaam gedoen word nie, sal die mengsel skif.
Voeg varsgemaalde swartpeper en sout na smaak by jou sous.

Samestelling:
Varsgeroosterde warm sirkels is die basis. Vars avokado bo-op jou broodjie kan fantasties wees, dink ek nou na ek myne verorber het. Of roomkaas.
Genoeg gypsy ham maak jou volgende laag.
Sit eier baie versigtig bo-op die gypsy ham. Moenie dat die eier breek nie.
Skep die sous bo-oor en strooi vars kruie bo-oor die hele konkoksie.

Resep geplaas deur Dricus Bosman
Foto:  Dricus Bosman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page