Your Recipe Blog

DOMBOLA – GESTOOMDE AFRIKA BROOD

Recipe by
Cook: 45 minute

DOMBOLA – GESTOOMDE AFRIKA BROOD

“Dombola is ‘n brood wat op ‘n oop vuur in ‘n swartpot gemaak kan word of op die stoof.
Jy kry ‘n Dombola-meelmengsel, maar jy kan gekoopte brooddeeg gebruik of jou eie brooddeeg. Hierdie is ‘n brood wat gereeld deur byvoorbeeld bouers op bouterreine gemaak word.”

  • 6 koppies broodmeel
  • ½ pakkie (5 g) gis
  • 1 teelepel sout
  • 3 eetlepels suiker
  • warm water, genoeg om die deeg mee te knie

Op die stoofplaat:
Knie brooddeeg soos gewoonlik en plaas in erdeskotteltjie wat mooi in ‘n kastrol kan pas. Die skottel se rant moet mooi pas. Laat deeg rys en wanneer dit reg is, kook water in kastrol. Sodra dit begin kook, plaas skotteltjie bo in kastrol. Stel stoofplaat sodat water net liggies bly kook en plaas kastrol se deksel op bo-oor skotteltjie. Laat vir ongeveer 45 minute kook tot toetspen skoon uitkom. Haal  skotteltjie uit en keer brood uit.

Op die vuur:
Om dit op die vuur te maak, kan jy deeg in ‘n plastiek inkopiesak sit. Laat deeg rys en plaas dan sak in ‘n driepootpot met kookwater. Kook sowat 45 minute. Hak die sak uit en keer brood uit op ‘n rakkie of broodlap. Die brood het natuurlik nie ‘n bruin korsie nie en die tekstuur is bietjie anders as gebakte brood.

Plasing en fotos: Veronica Kern

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5