Your Recipe Blog

DIEPGEBRAAIDE SPINASIESTINGELS

DIEPGEBRAAIDE SPINASIESTINGELS

Ek het al so baie gehoor mense diep braai die spinasiestingels, maar ek het dit self nog nie regtig probeer nie, want manlief is nie baie lief vir spinasie nie. Vanaand maak ek toe die spinasie reg vir ‘n souttert en ek dink wag laat ek die stingel braai en kyk, en voor ek kon sê mes, toe is die stingels opgeëet saam met sweet chilli sous. Ek sal dit regtig weer maak ipv alles weggooi.

  • Hang af hoeveel stingels jy wil braai, pas die hoeveelhede aan daarvolgens:
  • spinasiestingels, blare verwyder en dik gedeelte uitgesny
  • koekmeel, gegeur na smaak
  • eier, geklits
  • olie, vir diep braai

Maak olie warm op die stoof in ‘n pot vir diepbraai, nie te warm nie, dan word hulle te vinnig donker.
Meng meel met sout, peper en groente speserye en geur na smaak. Plaas in ‘n bakkie.
Klits ‘n eier en sit in ‘n aparte bakkie.
Was die stingels mooi skoon, maak droog en sny in happie grote stukke.
Doop die stukke eers in die meel, dan in eier en dan weer in die meel en sit in die warm olie, braai tot bruin en lekker krakerig.
Haal uit met ‘n gleuf lepel, en pak op kombuispapier om die oortollige olie te dreineer.
Bedien met ‘n sousie van jou keuse as ‘n ligte “snack” terwyl nog warm.

Resep geplaas en foto:  Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page