Your Recipe Blog

DIEPGEBRAAIDE CAMEMBERT MET BESSIE COULIS

| Servings: 2 porsies

DIEPGEBRAAIDE CAMEMBERT MET BESSIE COULIS

Wanneer jy daardie spesiale persoon wil bederf of net eenvoudig wil beïndruk met ‘n elegante voorgereg. Stylvol en so maklik.

  • 1 wiel Camembert kaas, in 4 gesny
  • bietjie mielieblom
  • 2 eiers, geklits
  • 1 koppie broodkrummels
  • olie vir diep braai
  • halwe koppie aarbei of bessie konfyt
  • bietjie water (omtrent 1 eetlepel)
  • 2 ingelegde groenvye, gehalveer

Plaas die mielieblom, geklitsde eier en broodkrummels in 3 afsonderlike bakkies.
Rol die kaas kwarte in die mielieblom tot goed bedek.
Plaas die kaas in die geklitste eiers en maak seker dis goed bedek.
Rol die kaas in die krummels en maak seker die kaas is heeltemal bedek met die krummels.
Geen kaas moet wys nie, anders gaan dit uitkook.
Rol die gekrummelde kaas nog ‘n keer in die eiers en weer in die krummels. Plaas eenkant vir ‘n paar minute.
Verhit olie in ‘n kastrol op die stoof tot ongeveer 160ºC.
Braai die kaas in die olie tot goud bruin.
Verwyder die gebraaide kaas uit die olie en plaas dit op kombuispapier.
Meng die konfyt met die bietjie water tot ‘n sousie vorm.
Bedien die kaas warm met die konfyt sousie en vye daarby.
Garneer met eetbare blommetjies, indien verkies.
Niks so lekker soos die gesmelte kaas wat meng met die sousie. Bon Apetit!

Resep en foto: Johann Becker

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page