Your Recipe Blog

DIE BESTE SJOKOLADE BESKUITJIE KOEK

DIE BESTE SJOKOLADE BESKUITJIE KOEK

(Chocolate Biscuit Cake)
Hierdie is een van my gunsteling resepte. Ek weet daar is baie van die resepte op die internet maar hierdie een is die BESTE. Baie hier in Ierland het my al gesmeek om die resep te gee maar wou nooit dit deel nie want dis my eie resep wat ek oor die jare volmaak het. Dis die maklikste ding om te maak maar waar die geheim in kom, is in die mates en manier.

  • 600 g Nuttikrust (Die beste is die wat hawer en klapper in het) ***
  • 300 g 50% donker sjokolade
  • 200 g melk sjokolade
  • 350 g botter (nie margarine nie)***
  • 100 g goue stroop (sit blikkie of botteljie in warm water. Dis beter om mee te werk)***

Breek al die koekies ‘n bietjie kleiner en sit een kant. In ‘n plastiek bak, voeg sjokolade, botter en goue stroop en plaas in mikrogolfoond. Stel dit vir 2 minutes op ‘n slag en meng dan elke keer as die tyd om is.
Moet nie bekommerd wees dan die sjokolade gaan brand nie, want die botter en stroop sal dit verhoed. As alles gesmelt is, neem ‘n vierkantige bak en voer uit met bakpapier .
Nota:
Ek smeer gewoonlik ‘n bietjie botter aan die bak sodat die papier nie moet rond beweeg nie.

Skep ¾ van die sjokolade mengel by die koekies en roer lekker goed deur. Plaas in vierkantige bak en druk plat met ‘n aartappel drukker. Skep die res van die sjokolade mengsel bo oor en maak gelyk.
Verkoel tot dit hard is en sny in stukkies.
As jy wil kan jy bietjie wit sjokolade smelt en bo oor drup met ‘n vurk vir ‘n mooi effek

Resep en foto: Kyle Jensen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page