DIABETIESE BESKUIT
Hierdie is my diabeet beskuit, maak dubbel beslag want ek belowe jou dit gaan nie lank hou nie.
- 500 g bruismeel
- 1 ½ koppie semels
- 1 koppie volkoringmeel
- ½ koppie bruinsuiker
- 500 g botter/stork
- ¼ koppie kookolie
- 2 eiers
- ¾ koppie saltanas, opsioneel
- ½ koppie sonneblomsade of pekaneute
- 3 koppies All Bran flakes
- 7.5 ml bakpoeier
- 7.5 ml sout
- 300 ml gewone jogurt, karring- of suurmelk
Meng al die droë bestanddele in bak en maak holte in middel.
Smelt botter en gooi in die holte en vryf dit met vingerpunte in die droë bestandele.
Meng melk, eiers en olie in beker en voeg by.
Meng deeg met jou hand tot alles net lekker bymekaar is -moenie knie nie.
Rol bolletjies so groot soos gholfballe.
Stel oond op 170° C en bak vir 45 min.
Droog vir 2 ure in oond teen 100° C.
Foto en Resep: Anna Kritzinger
Nota:
Sandra Lieberum – Nice recipe but To make more diabetic I will replace the flour with almond flour and use stevia instead of sugar.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.
Dit lyk baie lekker. Probleem is hoeveel eiers moet gebruik word
Dankie dat jy dit onder ons aandag gebring het, ons gaan uitvind by Anna Kritzinger en jou laat weet sodra ons die inligting het. Mooi dag
Hoeveel eiers asseblief
Hallo Teresa
Ongelukkig antwoord die vrou my nie wie se resep dit is nie, ek het gehoop ons kry ‘n antwoord. Ek sal maar die resep verwyder, of as jy dit wil toets en vir ons laat weet sal dit baie goed wees asb? Ek gaan verder hulp soek dalk kry ek ‘n antwoord.
Mooi dag
Middag Teresa
Ons het die antwoord gekry dit is 2 eiers, ek het die resep aangepas.. Lekker bak