Your Recipe Blog

DEKADENTE KARAMEL- EN SEESOUTKAASKOEK

Recipe by
Cook: 40 minute | Servings: 1 standaard kaaskoek

DEKADENTE KARAMEL- EN SEESOUTKAASKOEK

  • Kors:
  • 125 g botter/margarien
  • 2 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies, fyngemaak
  • Vulsel:
  • 3 bakkies (250 g elk) gladde maaskaas
  • 2 blikkies (397 g elk) kondensmelk
  • 125 ml (½ koppie) suurlemoensap
  • 125 ml (½ koppie) suiker
  • 10 ml (2 teelepels) vlapoeier
  • 250 ml (1 koppie) verkoelde room, styf geklits
  • Bolaag:
  • ⅓ koppie room
  • 180 g karamel sjokolade splinters
  • ½ teelepel seesoutvlokkies
  • 1 klein boksie (180 g) Willards “cream caramels”, grof opgekap
  • karamel springmielies

Voorverhit die oond tot 160ºC.
Smeer ‘n losboompan van 26 cm in deursnee, of spuit met kleefwerende kossproei.
Smelt die botter en roer die krummels by. Druk die krummels vas op die bodem en teen die kante van die voorbereide pan. Verkoel tot benodig.
Meng al die bestanddele vir die vulsel, buiten die room, goed saam.
Vou die styf geklitste room by die mengsel in en giet die mengsel in die tertkors.
Plaas die kaaskoek in die voorverhitte oond en bak vir 40 minute lank tot ligbruin om die kante.
Skakel die oond af en maak die deur met ‘n skrefie oop, en laat die kaaskoek in die oond om af te koel tot kamertemperatuur.
Verwyder die kaaskoek uit die oond en plaas dit oornag in die yskas.
Verwyder die ringvorm versigtig en plaas die kaaskoek op ‘n opdienbord.

Vir die bolaag:
Verhit die room tot amper kookpunt.
Giet die warm room oor die karamel sjokoladesplinters (lyk soos donker sjokolade splinters, maar dis karamel).
Laat staan die room en karamelsplinters vir 1 minuut.
Roer die roommengsel met ‘n draadklopper tot glad en laat dit afkoel.
Roer die growwe seesout vlokkies in, (moenie oplos nie) en giet die sous oor die verkilde kaaskoek voor opdiening.
Versier met ekstra “Cream Caramel” lekkers en karamel springmielies.
Lewer ‘n groot kaaskoek.

Nota:
Kan suiker nog verminder, want “cream caramels” is ook soet.
Ek het 1 skyf van hierdie kaaskoek gevries. In die yskas ontdooi en dit het soos dié oorspronklike koek geproe.

Resep aangepas en fotos: Louisa Eloff Weideman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5