Your Recipe Blog

DEEGSKULPE

DEEGSKULPE

  • 1 ½ koppie koekmeel
  • ½ koppie Maizena
  • 3 eetlepels growwe mieliemeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel uiesout
  • 1 teelepel fondor
  • 1 teelepel sout
  • 3 eetlepels botter
  • ½ koppie water
  • olie vir gaarmaak

Sif droë bestanddele saam.
Frummel botter in die meelmengsel in.
Meng met water tot ‘n stywe deeg.
Maak klein balletjies en rol papierdun uit in sirkerls of soos verkies. (nie te groot nie)
Sit pot op die stoof met diep olie, en laat olie warm word, maar nie e warm nie dan gaan die skulpe te vinnig verkleur.
Plaas die uitgerolde sirkel in warm olie.
Druk die steel van ‘n houtlepel in middel van die sirkel om ‘n bakkie te vorm en bak tot gaar.
Die deeg sal om die houtlepel “skulp”.
Haal uit sodra gaar en mooi kleur en dreineer op kombuis papier.
Bedien vis of iets dergeliks op die skulpe as voorgereg.

Geniet dit!

Foto en resep: Heather Strumpher

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page