DEEG KARMENAADJIES
- Frikkadelle:
- 3 snye dik witbrood, korsies afgesny
- 125 ml karringmelk
- 1 eier
- 1 kg maer beesmaalvleis
- 60 ml asyn
- 15 ml Worcestersous
- 125 ml vars pietersielie, gekap
- 1 ui, gerasper
- 15 ml sout
- 15 ml fyn koljander
- 2,5 ml matige kerriepoeier
- paar draaie varsgemaalde swartpeper
- Deeg:
- 907 g koekmeel
- sout na smaak
- 1 eier
- 5 g bakpoeier (halwe pakkie)
- melk / water soos benodig
- olie vir vlakbraai
- 1 ½ teelepel Maizena
- melk / asyn soos benodig
Meng die frikkadelle bestanddele saam.
Maak platterige frikkadelletjies en maak dit gaar in ‘n pan of kastrol soos verkies.
Haal dit uit voor dit te droog is.
Meng die koekmeel, sout, eier en bakpoeier (5 g) saam. Meng dit goed en voeg melk en water by totdat die deeg van die lepel afval (nie afloop nie). Redelike dikkerige deeg.
Sit nou elke frikkadel in die deeg, haal uit en bak in warm olie.
Maak Maizena aan met melk of asyn.
Roer dit by die sous wat in die kastrol waarin die frikkadelle gaargemaak is, oor is en laat opkook. Bedien die sous saam met frikkadelletjies.
Resep: Karin Blignaut
Foto: Juilanau Rhaman