DANKSEGGINGS KALKOEN
My eerste “Thanksgiving”! Baie dankie aan almal wat gehelp het met raad!!! Nog nooit het ek ‘n voël so bestudeer soos die een nie!!! Op die einde het ek uit ‘n paar resepte my eie gemaak!!
- Mengsel vir onder die vel:
- 250 g margarien
- sout en peper
- sap en skil van 1 suurlemoen
- 1 knoffelhuisie
- handvol pietersielie
- olyfolie
- Res van bestanddele:
- 1 heel suurlemoen
- 1 heel ui, geskil
- paar repies spek
- olyfolie
- 1 liter kookwater
Meng alles saam en maak dan die vel los by die borsgedeelte van kalkoen en druk die mengsel mooi oral onder die vel in.
Skil ‘n heel ui en sit ‘n heel suurlemoen en die heel ui binne in die kalkoen se maag.
Vryf olyfolie buite om. Pak repies spek oor die bors van die kalkoen. Bind die bene aan mekaar vas dat die kalkoen mooi bymekaar bly.
Plaas kookwater onder in oondpan, sit ‘n rakkie of iets in pan dat kalkoen nie op bodem in die water le nie. Sit die kalkoen op die rakkie.
Maak pan toe met foelie blink kant na binne en bak dan 15 min vir elke 500 g. Draai nou en dan om.
Wanneer gaar, maak foelie oop en verwyder spek, bedruip die kalkoen met olyfolie en bak tot mooi bruin!!
Haal die suurlemoen uit voor bediening, die ui kan saam bedien word.
Dit was heerlik en glad nie droog nie!!!
Foto en Resep: Thea Vd Merwe Schutte